IMG-20190420-WA0020 1_editedDescribe your image. |
---|
Welkom by
Laerskool Saamspan
Hartlik welkom by Laerskool Saamspan. Hierdie is ‘n unieke skool wat reeds op verskeie terreine en in baie opsigte uitsonderlik presteer het. In die skool heers ‘n skitterende gees waarop elke ouer, onderwyser en leerder trots is. As jongmens sal u kind hier die geleentheid kry om ten volle te ontwikkel sodat hy/sy sy/haar plek later in die Hoërskool sowel as in die volwasse lewe kan volstaan.
Elke leerder is vir ons belangrik en daarom streef ons om opvoeding en onderwys van hoogstaande gehalte te lewer. Harde werk binne ‘n gedissiplineerde milieu is ons uitgangspunt. Die rol van die ouer en ouerbetrokkenheid by die skool en al sy aktiwiteite bly prioriteit, daarom wil ons graag as onderwysvennote betrokke raak. Ons volg ‘n “OOPDEURBELEID” en wil u graag te woord staan met enige probleme wat mag opduik in belang van u kind, sy opvoeding en vordering.

Laerskool Saamspan het ‘n trotse rekord wat betref akademiese sowel as sport- en kulturele bedrywighede. Ons vertrou dat u kind ook van hierdie geleenthede gebruik sal maak tot uitbou van die skool se goeie naam. Ons beveel aan dat u ‘n deeglike studie sal maak van hierdie webbladsy sodat die aanpasssing hier in die skool soveel makliker sal wees.
As Hoof en Personeel sien ons daarna uit om u kind te ontmoet. So kan ons van die begin af met vasbeslotenheid en ywer ons taak aanpak in die gees van: “SAAMSPAN”
Baie welkom en mag u kind se studiejare hier by ons aangenaaam wees.
M VAN NIEKERK - HOOF
Belangrike
Datums
Inligting volg binnekort
Byeenkomste
waarna ons uitsien
Inligting volg binnekort