Gedragskode: Leerders
Oortredingspunte
Akademiese Oortredings: -1
-
Huiswerkboek of skryfbehoeftes tuis
-
Speltoets / tafeltoets onder 50%
-
Boek by die huis
-
Toets nie geteken nie
-
Skryf nie huiswerk af nie
-
Huiswerk nie voltooi nie
Gedragsoortredings: -1
-
Vertel leuens en is oneerlik
-
Eet of kou in die klas
-
Hou aan gesels na waarskuwing
-
Hou aan met swak gedrag na waarskuwing
-
Werk nie in die klas nie
-
Praat terug na aangespreek word
-
Speel op die verkeerde terrein
-
Stamp of stoor ander leerder
-
Bemors klas/terrain/kleedkamer
-
Versuim om regte skooldrag te dra na aangespreek is
-
Hare of naels nie reg nie
-
Praat tydens saalopening
-
Laat vir klas of skool
-
Versuim om hemp intesteek na aangespreek is
Oortredings punt: -2
-
Na vele waarskuwings hou net aan gesels
-
Slaan of klap ander leerder
-
Speel in kleedkamers
-
Spot of kraak ander leerder af
-
Ignoreer onderwyser se opdrag
-
Na vele waarskuwings hou aan met swak gedrag
-
Swak gedrag of gesels gedurende eksamen of toets
-
Vloek
-
In besit van ‘n gevaarlike wapen
-
Maak of wys onvanpaste tekens
-
Beskadig ander leerder se besittings
-
Praat aanhoudend terug as aangespreek word
-
Skiet met rekkies, “pea shooter” of gooi leerders met ander voorwerpe
-
Toon disrespek teenoor leier
Oortredings punt: -5
-
Ernstige viktimisering/vernedering van 'n ander leerder
-
Toon geen verbetering in swak gedrag – hou net aanaan om te doen wat hy/sy wil doen
-
Raak betrokke by vuis geveg. Albei kry oortredingspunte maak nie saak wie het begin
-
Vandalisme bv. teken op tafels of beskadig skool eiendom
-
Ernstige en aanhoudende ontwrigting van klas onderrig
-
Maak rassistiese opmerkings
-
Gebruik van herhaaldelik en viselike vloekwoorde
-
Ernstige bemorsing van kleedkamers
-
Stap uit klas sonder toestemming
-
Vertel aanhoudende leuens
-
Oneerlik in ‘n toets / eksamen
-
Besit van siggarette, drank of onwettige middels
Oortredings punt: -10
-
Diefstal
-
Aanranding
-
Opname of oproep gemaak met selfoon
-
Betasting/gryp/knyp ander leerder se private dele
-
Konstante boeliegedrag teenoor leerder sonder enige geldige rede
-
Trek aspris ander leerder se broek af
-
Onvanpaste uitbarsting in klas
-
Daag nie op vir detensie of swakgedrag tydens detensie
-
Hou vol met rebelse haarstyl na ‘n week grasie
-
Stokkiesdraai bly weg van klas sonder ‘n rede
Direkte Dissiplinere Verhoor
-
Seksuele teistering
-
Rook op die skoolterrein/skoolaangeleenthede
-
Drink van alkohol op skoolterrein/skoolaangeleenthede
-
In besit van enige vorm van pornografie
-
Gebruik van gevaarlike voorwerpe
-
Vloek van en toon van totale disrespek deur op onderwyser te skree teenoor ‘n onderwyser/student onderwyser
-
Ernstige rassistiese voorvalle
Erkenningspunte
Erkenningspunte: 5
-
Algemene hulpvaardigheid by skool
-
Betroubare klasleierskap uitvoering
-
Getroue voltooiing van huiswerk
-
Leerder neem eie inisiatief
-
Spogboek
-
Sport en kultuurdeelname in die kwartaal
-
Bring getrou ondertekende briewe terug
Erkenningspunte: 10
-
70-79% vir ‘n toets of eksamen
-
Bywoning van sport en kultuur as toeskouer in skooldrag
-
Konstante goeie en positiewe gedrag
-
Top tien vir die kwartaal
Erkenningspunte: 15
-
80-89% vir ‘n toets of eksamen
Erkenningspunte: 20
-
100% skoolbesoek vir kwartaal
-
90-100% vir ‘n toets of eksamen
-
Geen oortredingspunte vir die kwartaal