Gedragskode: Sport
Gedragskode vir ouers by sport en ander aktiwiteite
Ek as ouer van Learskool Saamspan onderneem om:
-
Hoë morele en etiese standaarde te handhaaf as ons skool en of ander skool besoek word.
-
My optrede altyd verantwoordelik en tot bevordering van ons skool se goeie naam sal wees.
-
Die skool en leerders met ywer te ondersteun.
-
Alle instruksies, aanwysings en regulasies aan my gekommunikeer deur 'n amptelike BL lid, onderwyser, skeidsregter of bemagtige persoon stiptelik na te kom sonder om dit te bevraagteken.
-
Die nodige hoflikheid en respek teenoor alle personeel, leerders, besoekers en veral skeidsregters sal betoon.
-
Die opvoeder, deelnemers, afrigters, skeidsregters of beoordelaars nie sal intimideer nie.
-
Op te tree volgens die etiekkode wat in die bepaalde kultuur- en sportsoort vereis word. Ek my nie sal inmeng met spankeuses nie.
-
Ek my sal weerhou van fisiese geweld, lasterlike en beledigende taal of onwelvoeglike tekens gedurende sportwedstryde of ander aktiwiteite.
-
My nie sal skuldig maak aan alkohol en/of onwettige dwelm gebruik nie.
-
Ek geen wapens of gevaarlike voorwerpe op die skoolterrein sal bring nie.
-
Dat ek nie op die skoolterrein sal rook nie.
-
Ek die versoek om die aangeduide afstand vanaf die kantlyne van die bepaalde sportveld of –baan te handhaaf en te eerbiedig. (Slegs afrigters van die spesifieke span wat speel en wat in BESIT van 'n BOKSMART KAART is, mag langs die veld wees)
-
Ek die skoolterrein netjies en skoon sal hou en nie sal rommel strooi nie.
-
Ek nie op die veld of baan gaan wanneer 'n speler 'n besering opdoen nie! (Indien die afrigter/spanbestuurder of noodhulppersoneel dit nodig ag, sal die betrokke ouers nader geroep word.)
-
In die geval van nie-nakoming van die gedragskode sal die oortreder vriendelik versoek word om die ongewenste gedrag onmiddellik te staak. Indien u gedrag enige skoolaktiwiteit ontwrig en u nie wil gehoor gee is die skoolhoof of beheerliggaam by magte om u te versoek om die terrein onverwyld te verlaat. Indien u weier kan hulle u laat verwyder. Indien u, uself aan enige van bogenoemde reëls skuldig maak mag u vir die hele jaar nie weer enige byeekoms bywoon nie of kan u kind uit die span gelaat word.