Leiersbeleid
Verkiesingsprosedure van Leerlingraad:
-
Die Leiers word 6 weke nadat die skool begin aangewys.
-
Die volgende kategorieë word in ag geneem tydens die verkiesing van die leerlingraad.
-
Leerders woon in sy Gr. 6 jaar ‘n leieridentifiseringskamp by waar onafhanklike fasiliteerders gebruik word. (10 punte)
-
Akademie Gr.5/6/7 (5/10 punte)
-
Kultuur Gr.5/6/7 (5/5 punte)
-
Sport Gr.5/6/7 (5/5 punte)
-
Dienslewering (10 punte)
-
Gedragskode (10 punte)
-
Gr.6 & 7 stemme (5 punte)
-
Gr.7 Onderwyserstemme (Ook onderwysers wat betrokke is)
-
Bg. punte word bymekaar getel en daarvolgens word die leiers gekies. Die boonste leeders (13-Seuns & 13-Dogters: kan jaarliks verander afhangende van die hoeveelheid seuns en dogters) word as leiers aangewys. (Hierdie punte word nie gebruik vir die vekiesing van die hoofleiers nie).
-
Die verkiesingskomitee verwerk die uitslae. Die skoolhoof monitor die verkiesingsproses en indien hy/sy tevrede is dat die proses regverdig was, bekragtig hy/sy die uitslae.
-
Die besluit van die verkiesingskomitee tesame met finale bekragtiging deur die skoolhoof is finaal en is nie appelleerbaar nie.
Verkiesingsprosedure van Hoof/Onderhoofleiers
-
Die verkiesing van die hoofleiers vind plaas 2 weke nadat die leiers aangewys is.
-
Leerlingraadslede wat belangstel om ‘n hoofleier te word moet ‘n motiveringsbrief skryf. Daar word slegs vir die leiers gekies wat ‘n motiveringbrief voltooi.
-
Slegs die Graad 7 leerlingraad asook die onderwysers wat vir Graad 7 leerders klasgee, is stemgeregtig. Onderwysers wat op die een of ander manier by die Gr. 7’s betrokke was (bv. Sport, kultuur afrigting ens.) mag ook stem.
-
Die puntetoedeling van die stemme is as volg:
- Leerlingraadslede: 1 punt
- Onderwysers: 2 punte en of 50/50 (Afhangende die getalle van die leerlingraad en onderwysers)
- Onderhoude kan ook gehou word indien nodig.
- Die skoolhoof behou die reg voor om in uitsonderlike gevalle ‘n leerlingraadslid in sy / haar Graad 7 jaar aan te stel. Bv. wanneer ‘n leerder in die eerste of tweede kwartaal van Graad 7 by die skool ingeskryf word en in hulle vorige skool ‘n leerderraadslid was.
Let wel: Hierdie is slegs n opsomming van die beleid. Die volledige beleid is by die skool beskikbaar vir besigtiging.