Oortredings Stappe
Stappe wat geneem gaan word teen leerders wat gereeld skoolreels oortree:
01/
Leerder word gewaarsku en as leerder nie ophou met negatiewe gedrag, ontvang hy / sy oortredingspunte.
02/
Ouer of voog ontvang ‘n sms om in kennis gestel te word van leerder se oortreding.
03/
Na -10 oortredingspunte moet leerder detensie sit op Vrydae van 13:30 – 16:00.
04/
Na -20 oortredingspunte sit leerder vir die tweede keer detensie en leerder word voor ‘n Graadvergadering geroep met betrokke onderwysers op Woensdae voor skool!
05/
Na -30 oortredingspunte sit leerder vir die derde keer detensie en ouers of voogde word geskakel vir ‘n onderhoud met die hoof of adjunkhoof.
06/
Na -40 oortredingspunte sit leerder vir die vierde keer detensie en die leerder en ouers of voogde teken ‘n skriftelike waarskuwing.
Leerder sal dan geen uitstappies, beloningsfunksies en of toere meemaak nie.
07/
Na -50 oortredingspunte sit leerder vir die vyfde keer detensie en ‘n dissiplinêre verhoor vind plaas.
Na die dissiplinêre verhoor kan leerder ‘n waarskuwing ontvang maar as die leerder weer oortree met -10 gaan die leerder geskors word vir 5 dae as straf.
OF
Na die dissiplinêre verhoor kan leerder skuldig bevind word en dan word leerder direk geskors vir 5 dae as straf.
Neem kennis: as leerder enige oortredings aangaan wat tot ‘n direkte dissiplinêre verhoor lei, geld hierdie proses nie.