top of page

Skooldrag

ALLE KLERE MOET DEEGLIK GEMERK WEES

01/

GRAAD R-LEERDERS KLEUTERSKOOL:
Somersdrag: Denim- of bloubroekie. Blou gholfhempie.
Winterdrag: Corderoy langbroek, blou langmou t-hemp, (blou gholfhemp bo-oor), tekkies/skoolskoene,              ‘n navy blou trui of “drimac”.

02/

Somersdrag vir dogters:

   Blou knoophemp en grys broekromp of romp.

   Enkellengte wit skoolsokkies.

   Swart skoolskoene (wat met gespe vasmaak of toeryg.)

   Swart of blou ski-pants: kort en mag nie uitsteek nie.

   Geen musse, handskoene en warmsakke word toegelaat nie!

03/

Somersdrag vir seuns:
   Grys kortbroek.

   Blou knoophemp.

   Grys skool kniekouse.

   Swart toeryg skoene.

   Geen musse, handskoene en warmsakke word toegelaat nie!

04/

Wintersdrag vir dogters:

   Koningsblou trui.

   Voorgeskrewe koningsblou Drimac.

   Grys skoollangbroek.

   Blou knoophemp.

   Grys kniekouse of blou/grys skoolsykouse.

   Swart skoolskoene (wat met gespe vasmaak of toeryg).

   Geen musse, handskoene en warmsakke word toegelaat nie!

05/

Wintersdrag vir seuns:
   Koningsblou trui.

   Grys skoollangbroek.

   Voorgeskrewe koningsblou Drimac.

   Blou knoophemp.

   Grys skoolkouse.

   Swart toeryg skoene.

   Geen musse, handskoene en warmsakke word toegelaat nie!

06/

Hare:
  Dogters:
   Sodra die kuif aan die wenkbroue raak, moet dit met 'n voorgeskrewe haarband vasgemaak word.
   As die hare aan die kraag agter raak, moet dit gevleg of vasgemaak word.
   Geen haarkleursel, kunsmatige insetsels of uitspattige haarstyle word toegelaat nie.
   Geen kammetiies, blomme, krale, haarstukke of ander haartooisels mag gedra word nie. 
   Slegs blou of wit linte, knippies, rekkies, haarbande (Alice bands) rekbare haarbande en bolletjies word           toegelaat. Geen jel of haarmiddels mag gebruik word nie.
   Lang hare word netjies gevleg of in een/twee netjiese poniesterte vasgemaak. Hare mag in 'n netjiese             bollatjie gedra word soos vir balletklasse.


  Seuns:
   Seuns se hare moet te alle tye skoon, kort en netjies gesny en gekam wees.

   Geen hare mag oor die ore, of op die kraag wees nie.
   Geen uitspattige haarstyle is aanvaarbaar nie (Bv. Steps, comb over of spikes en jel nie.)
   Geen hare mag gekleur word nie (natuurlike kleur).


  Luise:
   As die skool opmerk dat u kind luise of neute het in sy of haar hare, sal ons u telefonies skakel om u kind te     kom afhaal by die skool. 

   U kind sal nie mag skool bywoon totdat hy of sy nie meer luise of neute het op hul kop nie.
   Onthou luise kan nie spring soos 'n vlooi nie en word slegs oorgedra deur fisiese kontak met iemand wat         luise het. Dus leer asseblief u kind om nie haarborsels, kamme en of hoede met ander leerders te deel nie.

07/

AKTIWITEITSDRAG:

   Op Dinsdae mag die leerders hulle aktiwiteitshemde dra.

   Dogters mag 'n donkerblou broek of denimboek dra en seuns 'n donker blou PT broek of denimbroek.

   Tekkies mag gedra word. GEEN PLAKKIES OF SWART BROEKE OF SKI-PANTS word toegelaat nie.

   Die dogters se broeke mag nie korter wees as in die middel van die bo-been nie.

   Aktiwiteitshemde is bestelbaar by die skool via epos na krediteure@samies.co.za  

08/

SPORTDRAG:
   Alle sporte dra dieselfde aktiwiteitshemp. Die aktiwiteitshemp is bestelbaar by die kantoor.

   Dit neem tot 3 weke vir aflewering so u moet asseblief vroegtydig die hemp bestel vir die sport seisoen.


  Atletiek:
   Aktiwiteitshemp
   Koningsblou atletiekbroek of koningsblou ski-pants moet self aangekoop word.
   Die skoolspan se atlete mag in hul atletiekdrag skool toe kom as daar in die oggende geoefen word.


  Netbal:
   Aktwiteitshemp en netbalskorts (bestelbaar by die kantoor)

   Netjiese wit sokkies en drafskoene.


  Rugby:
   Truie word deur skool verskaf.
   'n Navy blou broekie moet self aangekoop word.


  Krieket:
   Aktiwiteitshemp
   'n Wit langbroek of wit kortbroek met wit kniekouse en drafskoene moet self aangekoop word.


  Sagtebal:
   Sagtebalhemp, kniebroek en kniekouse (bestelbaar by die afrigter)

   Netjiese wit tekkies.

  • Facebook

Facebook

© 2024 Learskool Saamspan.

All Rights Reserved

Kontak Ons

Tel: 012 379 9019

Email: admin@samies.co.za

Adres

Denyssen Ave, Mountain View,

Pretoria, 0082

bottom of page