top of page

Toelatingsvereistes

Moet saamgelees word met die S.A.-Onderwyswetgewing van 1998 (no. 12; Afdeling 5)

01/

Alle leerlinge is welkom volgens die neergelegde toelatingsvereistes soos bepaal is deur die LUR van Onderwys vir die provinsie van Gauteng.

02/

Laerskool Saamspan is ‘n Afrikaans-medium skool en onderrig sal in genoemde taal geskied.

03/

Die hoë opvoedkundige standaarde en norme moet behoue bly binne die skool se aanhoudende strewe na voortreflikheid in onderwys.
                            
  -    Die leerder en/of sy/haar ouer/voog moet verklaar dat hulle aanvaar en hulle daarby neerlê dat ‘n stelsel      van gedifferensieërde onderwys in die skool toegepas word wat beteken dat elke leerder onderrig ontvang      wat rekening hou met sy/haar bekwaamheid, aanleg en belangstelling.
                            
  -    Die maksimum en minimum ouderdomsvereiste vir skoolbeginners, sowel as skoolverlaters en vir elke          graad, sal streng toegepas word.

04/

Aanvaarbare amptelike bewys van goeie gedrag en bevredigende vordering, van vorige skole/inrigtings moet, waar van toepassing, gelewer word.
                
  -    Ouers/voogde en/of leerlinge sal hulle as verbind verklaar tot die dissiplinêre maatreëls soos deur die          Beheerliggaam bepaal.

05/

Betaling van skoolfondse en trustfondsheffings is wetlik afdwingbaar en sal alleenlik verlaag word in uitsonderlike gevalle.
                        
  -    Aansoek om verlaagde tariewe sal op meriete deur die Beheerliggaam hanteer word.  Dit moet skriftelik      aan die Beheerliggaam gerig word.
                     
  Graad RR klas:    Leerders moet voor Desember van die jaar 5 word.
                          
  Graad R klas:    Leerders moet voor Desember van die jaar 6 word.

Hierdie 2 klasse is nie volgens wet skoolpligtige jare nie en is ouers verantwoordelik vir die volle skoolfooie vir die jaar.  Die skool behou die reg voor om ‘n kind die skool te weier indien die fooie nie betaal word nie.

  • Facebook

Facebook

© 2024 Learskool Saamspan.

All Rights Reserved

Kontak Ons

Tel: 012 379 9019

Email: admin@samies.co.za

Adres

Denyssen Ave, Mountain View,

Pretoria, 0082

bottom of page